|
Oogmerke en doel met die
webtuiste
Omvang van die inligting op die
webtuiste
Tale
Ander kenmerke van die
webtuiste
Hoe gereeld gaan die inligting
bygewerk word?
Eienaarskap ten
opsigte van die inligting
Formaat van dokumente
Hulp nodig met probleme wat op
die webtuiste ervaar word?
Bepalings en voorwaardes vir gebruik
Oogmerke
en doel met die webtuiste
Die doel van die webtuiste vir Suid-Afrikaanse Regeringsdienste
is om ‘n enkele bron van inligting te bied oor dienste wat deur die
Suid-Afrikaanse regering verskaf word. Die oogmerk is om die
dispariteit te verminder wat tussen die bemagtigdes en die
ontmagtigdes, oftewel die eerste en tweede ekonomieë, bestaan. Die
webtuiste is ‘n kritiese ingryp wat daarop gerig is om seker te
maak dat landsburgers met die regering in interaksie sal kan
tree.
Die bedoelde gebruikers van die webtuiste is Suid-Afrikaanse
burgers in alle dele van die land, huidige of voornemende
Suid-Afrikaanse sakeondernemings of organisasies, en burgers en
organisasies van ander lande wat dienste deur die Suid-Afrikaanse
regering nodig het.
‘n Kritiese sektor van gebruikers is al die tussengangers, soos
die Veeldoelige Gemeenskapsentra (MPCCs),
Gemeenskapontwikkelingswerkers (GOW’s) en die Batho Pele
Gateway-inbelsentrum, wat diegene wat nie in staat is om regstreeks
toegang tot die Internet te kry nie, sal help om die webtuiste te
gebruik.
Omvang van
die inligting op die webtuiste
Inligting oor regeringsdienste
Die webtuiste bevat inligting oor regeringsdienste wat op die
nasionale regeringsvlak aangebied word.
Dienste-inligting is ooreenkomstig drie tipes dienste in
kategorieë ingedeel:
- Dienste vir mense: dienste vir Suid-Afrikaanse burgers wat
volgens lewensgebeure gerangskik is
- Dienste vir organisasies: dienste wat met organisasies en
sakeondernemings verband hou
- Dienste vir buitelandse burgers: inligting wat spesifiek bedoel
is vir burgers van ander lande wat toepaslike dienste van die
Suid-Afrikaanse regering nodig het.
Elk van hierdie kategorieë is verder op so ‘n wyse gestruktureer
dat dit aanpas by die volgorde van lewensgebeure (tipiese gebeure
in die lewe van ‘n burger of ‘n sakeonderneming). Hierdie
lewensgebeure is verder in kategorieë volgens lewensfases
ingedeel.
Inligting ten opsigte van elke diens is volgens sewe
sleutelareas gerangskik, naamlik beskrywing, stappe om te
volg, wetlike raamwerk, diensstandaard; koste, vorms om in te
vul, en kontakbesonderhede.
Verbandhoudende inligting
Hierdie afdeling van die webtuiste, wat in die regterkantste
navigasiebalk vertoon word, bevat skakels na die webtuistes wat aan
daardie lewensgebeurtenis verwant is.
[Bo]
Tale
Hierdie weergawe van die webtuiste maak voorsiening vir elf
tale, naamlik Engels, Afrikaans, isiXhosa, isiZulu, Sepedi,
Sesotho, Setswana, Ndebele, Tsonga, Venda en Siswati. Ten
einde toegang tot die inligting op die webtuiste uit te brei, word
daar in die vooruitsig gestel dat die inligting uiteindelik in al
elf amptelike tale beskikbaar sal wees. Vertaling van die inligting
in die oorblywende amptelike tale sal na verwagting teen Maart 2007
afgehandel wees.
Dienste-inligting word oorspronklik in Engels opgestel, waarna
dit in die ander tale vertaal word. Dienste-inligting word in die
ander tale geplaas nadat dit vertaal is.
[Bo]
Ander kenmerke
van die webtuiste
- Gebruik die Kontak ons bladsy om kommentaar te lewer oor of navraag te doen na die
Regeringsdienste-webtuiste.
- Die www.gov.za skakel voorsien
toegang tot die Suid-Afrikaanse Regering Aanlyn tuisbladsy, wat
toegang verskaf tot die webtuiste (Regeringsdienste-webtuiste) en
die Regeringsinligting-webtuiste (www.info.gov.za).
- Die werfkaart
verskaf ‘n visuele voorstelling van die struktuur van die
webtuiste. Dit word hierargies aangebied, en verdeel die webtuiste
se inligting in steeds meer spesifieke onderwerpareas. Dit stel jou
dus in staat om jouself ooreenkomstig die inhoudstruktuur van die
webtuiste te oriënteer.
- Die tuisbladsy verskaf ‘n lys van die mees besoekte dienste.
Hierdie inskrywings bied toegang tot die vyf dienste wat die meeste
deur gebruikers besoek is. Die lysting word aangepas in
ooreenstemming met die statistiek vir die bladsye wat besoek
is.
- 'n Soekvenstertjie is beskikbaar op alle bladsye op die
webtuiste. Wanneer ‘n soekterm ingesleutel word, sal die volledige
webtuiste vir die bepaalde woord(e) deursoek word.
- Skakels na eksterne webtuistes word aangedui deur die woorde
‘buiteskakel – maak ‘n nuwe venster oop’, wat in ‘n venstertjie sal
verskyn wanneer jou merker oor die skakel beweeg word. Die
webtuiste sal ‘n nuwe deurblaai-venster oopmaak.
Hoe gereeld
gaan die inligting bygewerk word?
Die webtuiste sal op ‘n voortdurende basis bygewerk word. Ons
beleid is om inligting te verskaf soos en wanneer dit beskikbaar
word. Die ontwikkelaars van die Regeringsdienste-webtuiste kan
egter nie die resentheid waarborg van inligting wat gepubliseer
word op ander webtuistes waarheen daar skakels verskaf word nie.
Sien Bepalings en voorwaardes vir gebruik, par. 4.3.
[Bo]
Eienaarskap ten opsigte van die
inligting
Regeringsdepartemente neem self eienaarskap van hul inligting op
die webtuiste. Hierdie funksie is toegewys aan departementele
kontakbestuurders wat verantwoordelik is vir die inligting wat op
die webtuiste gepubliseer word.
Regeringskommunikasie (GCIS) is verantwoordelik vir
die oorkoepelende bestuur en koördinering van die webtuiste se
inhoud.
[Bo]
Formaat van
dokumente
Die vernaamste formaat vir inligting op die webtuiste is HTML.
Die PDF-weergawes van dokumente (bv. wette, vorms) word egter
verskaf om die oorspronklike uitleg daarvan te behou.
Ten einde PDF-dokumente te kan oopmaak, moet
jy Adobe Acrobat Reader 4 of hoër op
jou rekenaar geïnstalleer hê. Dit sal dokumente regstreeks in jou
blaaier oopmaak.
Soms neem dit lank om PDF-dokumente oop te maak. In daardie
geval beveel ons aan dat jy dit na jou rekenaar aflaai en liewer
van daar af oopmaak.
Wenke vir wanneer jy dokumente na jou rekenaar wil aflaai:
Wanneer jy Internet Explorer as jou blaaier gebruik:
- Gebruik jou muis om regs te klik op die dokument wat jy graag
wil aflaai.
- In die tuimel-kieslys wat verskyn, kies ‘Save Target
As’.
- In die ‘Save As’ venstertjie, kies die plek op jou
hardeskyf waar jy die dokument wil stoor en klik op die
‘Save’ knoppie. Die lêer sal afgelaai word na die plek wat
jy aangedui het.
- Maak jou Acrobat Reader toepassing oop en maak daarna die
dokumente wat jy afgelaai het oop.
Wanneer jy Netscape as jou blaaier gebruik:
- Gebruik jou muis, en skuif en klik (linkerkantste muisklik) op
die skakel na die dokument wat jy wil stoor.
- In die ‘Save As’ venstertjie, kies die plek op jou
hardeskyf waar jy die dokument wil stoor en klik op die
‘Save’ knoppie. Die lêer sal afgelaai word na die plek wat
jy aangedui het.
- Maak jou Acrobat Reader toepassing oop en maak daarna ook die
dokumente wat jy afgelaai het oop.
Hulp
nodig met probleme wat op die webtuiste ervaar word?
Kontak ons asseblief (electronic@gcis.gov.za)
indien jy enige probleme met die webtuiste ondervind.
|