|
Enige persoon (gebruiker) wat hierdie webwerf besoek, is onderhewig
aan en stem toe tot die bepalings en voorwaardes wat in hierdie
regskennisgewing uiteengesit word. Indien die gebruiker nie deur
hierdie bepalings en voorwaardes gebind wil wees nie, mag die
gebruiker hierdie webwerf nie besoek of die inhoud wat op hierdie
webwerf beskikbaar is, vertoon, gebruik of aflaai en/of andersins
kopieer of versprei nie.
1. Gebruik en kopiereg
1.1 Gebruikers mag die inhoud van hierdie webwerf, of enige deel
daarvan, slegs vir inligtings- of verwysingsdoeleindes en vir
niekommersiële doeleindes bekyk, kopieer, op ’n plaaslike
skyfaandrywer aflaai, druk en versprei.
1.2 Gebruikers wat die inligting op hierdie webwerf vir kommersiële
doeleindes wil gebruik, mag dit slegs doen indien hulle vooraf
skriftelike toestemming verkry het van die webbestuurder by
telefoonnommer +27 12 314 2140 of e-pos electronic@gcis.gov.za.
Enige reproduksie en/of kopie van die inhoud of ’n deel daarvan vir
kommersiële doeleindes moet die volgende kopieregkennisgewing
volledig insluit: © GCIS2004: ALLE REGTE VOORBEHOU.
1.3 Tensy morele en ander regte uitdruklik verleen is met
betrekking tot inhoud wat op hierdie webwerf verskyn, word alle
sodanige regte van die Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel
(GCIS) of ’n ander regspersoon, voorbehou.
2. Intellektuele goederereg
Alle inhoud, data en handelsmerke, met inbegrip van, maar nie
beperk nie tot sagteware, tegnologie, databasisse, kundigheid,
teks, grafika, ikone, hiperskakels, privaat inligting, ontwerpe,
program, publikasie, produk, proses of idee wat op hierdie webwerf
beskryf word, kan aan ander regte onderhewig wees, insluitende
ander intellektuele goedereregte wat die eiendom is van, of
gelisensieer is aan die GCIS of ’n regspersoon, en wat as sodanig
deur Suid-Afrikaanse wetgewing en internasionale verdrae en
konvensies teen inbreuk beskerm word. Alle ander regte op alle
intellektuele goedere, buiten die regte wat in hierdie ooreenkoms
aan die gebruiker verleen word, word uitdruklik voorbehou, en deur
toegang te verkry tot data op hierdie webwerf verkry die gebruiker
geen lisensie of magtiging nie.
3. Vrywaring
3.1 Hierdie inligting wat op hierdie webwerf verstrek word, is
bedoel om algemene inligting oor ’n bepaalde onderwerp of
onderwerpe verstrek. Dit bied nie volledige inligting oor die
betrokke onderwerp of onderwerpe nie.
3.2 Dit is die gebruiker se alleenverantwoordelikheid om, voordat
hy of sy toegang tot die webwerf verkry, seker te maak dat die
webwerf aan die gebruiker se individuele vereistes sal voldoen en
met die gebruiker se hardeware en/of sagteware versoenbaar is.
Inligting, idees en menings wat op hierdie werf vervat is, moet nie
beskou word as professionele advies, of as die amptelike mening van
die CGIS, of enige regspersoon namens wie inligting, idees en
menings op hierdie webwerf gegee word nie.
3.3 Die GCIS maak geen voorstelling en verleen geen waarborg, hetsy
by implikasie of andersins, dat, onder andere, die inhoud en
tegnologie wat op hierdie werf beskikbaar is, foutvry en sonder
leemtes is, of dat die diens 100% ononderbroke en foutvry sal wees,
of dat dit aan enige bepaalde kriteria ten opsigte van prestasie of
gehalte sal voldoen nie. Hierdie webwerf word “voetstoots”
aangebied. Die GCIS ontken uitdruklik enige aanspreeklikheid ten
opsigte van geïmpliseerde waarborge, met inbegrip van, maar nie
beperk nie tot, waarborge oor bemarkbaarheid, titel, geskiktheid
vir ’n bepaalde doel, nie-inbreukmaking, versoenbaarheid,
sekuriteit en akkuraatheid, en maak geen uitdruklike of
geïmpliseerde voorstelling of waarborg ten opsigte van die inhoud
van die webwerf, of dat die webwerf só saamgestel is of sodanige
inligting verskaf dat dit aan die gebruiker se individuele
vereistes sal voldoen nie. Gebruikers word aangemoedig om enige
moontlike foute, wanfunksies of aanstootlike materiaal te
rapporteer deur van die skakel “Kontak ons” gebruik te maak.
3.4 Gebruikmaking van die inhoud van hierdie webwerf geskied op die
gebruiker se risiko. Die gebruiker aanvaar volle
verantwoordelikheid en die risiko van verlies wat uit die gebruik
van inligting op hierdie werf mag voortspruit. Nóg die GCIS of
enige van die regspersone ten opsigte van wie inligting op hierdie
werf vervat is, nóg werknemers van die GCIS of sodanige
regspersoon, kan aanspreeklik gehou word vir enige spesiale,
indirekte, toevallige, gevolgskade of bestraffende skadevergoeding,
of enige ander skadevergoeding ook al, ongeag of dit voortgevloei
het uit’n kontrak, wetsbepaling, delik (met inbegrip van, sonder
beperking, nalatigheid) of andersins, wat met die gebruik van
hierdie dokument of inligting verband hou. Indien enige genoemde
aspekte om enige rede nie volledig afdwingbaar is nie, sal die
oorblywende aspekte steeds van krag wees. Onderhewig aan afdelings
43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Wet op
Transaksies, Wet 25 van 2002, sal die GCIS nie aanspreeklik wees
vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van watter aard ook al
wat mag voortspruit uit die gebruik of onvermoë om hierdie webwerf
te gebruik of die dienste of inhoud wat van en deur hierdie webwerf
voorsien word nie.
3.5 Bepaalde koppelings in die webdiensverskaffer lei tot bronne
wat onderhou word deur derde partye oor wie die GCIS geen beheer
het nie. Die GCIS lewer geen voorstelle of waarborge ten opsigte
van die akkuraatheid van hierdie bronne of enige ander aspek wat
daarmee verband hou nie.
3.6 Die bepalings van deel 2 van hoofstuk III van die Wet op
Elektroniese Kommunikasies en Transaksies, Wet 25 van 2002, is nie
van toepassing op enige elektroniese kommunikasies en
databoodskappe wat ’n gebruiker via hierdie webwerf aan die GCIS
stuur nie. Enige kommunikasie of databoodskappe wat ’n gebruiker
aan die GCIS stuur, sal beskou word as boodskappe wat deur die GCIS
ontvang is wanneer ontvangs skriftelik erken word. Indien die
gebruiker nie binne ’n redelike tyd reaksie kry nie, moet die
gebruiker by die GCIS daaroor navraag doen. Die GCIS sal nie
aanspreeklik gehou kan word vir enige versuim om te reageer
nie.
3.7 Indien ’n gebruiker enige inligting van die GCIS verlang
oor dienste of die inhoud van hierdie webwerf, kan die skakel
“Kontak ons” gebruik
word.
4. Sekuriteit
4.1 Beskerming
Die GCIS handhaaf redelike kommersiële tegnologiestandaarde en
operasionele sekuriteit om alle inligting wat deur gebruikers
voorsien word teen verlies, misbruik, wysiging of vernietiging te
beskerm. Alle redelike stappe sal geneem word om ’n gebruiker se
inligting te beveilig. Van gemagtigde werknemers, wat
verantwoordelik is vir die onderhoud van enige sensitiewe data wat
ingestuur word, word verwag om die vertroulikheid van sodanige data
te handhaaf. Die beleid is van toepassing op alle werknemers van
die GCIS en openbare liggame wat moontlik sodanige inligting van
die GCIS kan ontvang. Enige persoon, sakeonderneming of entiteit
word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te verkry of te
probeer verkry tot enige bladsy op hierdie webwerf, of om enige
ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode by hierdie webwerf af
te lewer of te probeer aflewer. Indien ’n persoon enige
ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode by hierdie webwerf
aflewer of probeer aflewer, of probeer om ongemagtigde toegang tot
enige bladsy op hierdie webwerf te verkry, sal ’n kriminele klag
teen daardie persoon gelê word en, indien die GCIS of enige
openbare liggaam enige skade of verlies sou ly, sal siviele
skadevergoeding geëis word.
4.2 Skakeling en raming
Ons verwelkom dit dat derde partye van hulle webwerwe af skakels
voorsien na die inligting wat die GCIS op hierdie bladsye
bied.
Alle persone, sakeondernemings, entiteite of webwerwe word egter
uitdruklik verbied om enige bladsy op hierdie webwerf, insluitende
die tuisbladsy, op enige wyse te raam tensy hulle vooraf
skriftelike toestemming daartoe van die GCIS verkry het.
4.3 Skakels met derdepartywebwerwe
Die GCIS kan gerieflikheidshalwe skakels met ander webwerwe
verskaf. Die insluiting van enige skakeling impliseer nie dat die
GCIS daardie werwe goedkeur nie. Geskakelde webwerwe of bladsye is
nie aan die GCIS se beheer onderhewig nie. Die GCIS is nie
verantwoordelik of aanspreeklik, hetsy direk of indirek, of op
enige ander wyse, vir die inhoud, gebruik, of onvermoë om enige
geskakelde webwerwe of enige skakel wat in ’n geskakelde webwerf
vervat is, te gebruik of toegang daartoe te verkry
nie.
5. Privaatheid
5.1 Inleiding
Die privaatheidsverklaring is van toepassing op die GCIS en enige
regsentiteit wat inligting wat via hierdie werf versamel kan word,
beheer, verifieer of daarvan gebruik maak.
’n Gebruiker kan hierdie werf besoek sonder om enige persoonlike
besonderhede te verskaf. ’n Gebruiker onderneem egter om sodanige
data in ooreenstemming met die privaatheidsverklaring te gebruik.
Let asseblief daarop dat hierdie werf skakels kan hê met ander
werwe wat nie aan hierdie privaatheidsverklaring onderhewig is
nie.
Indien ’n gebruiker enige vrae of kommer het oor hierdie
privaatheidsverklaring of die gebruiker se privaatheid terwyl
hierdie webwerf gebruik word, kan dit met behulp van die skakel
“Kontak ons” aan GCIS gestuur word.
5.2 Koekies
Die GCIS kan koekies (klein tekslêers wat in ’n gebruiker se
rondblaaier gestoor word) of webbakens (elektroniese beelde wat die
webwerf in staat stel om te tel hoeveel gebruikers toegang tot ’n
bepaalde bladsy of koekies verkry het) gebruik om te sorg dat die
webwerf goed bestuur word en om hom te help om die werf te
verbeter. Die GCIS of sy diensverskaffer(s) kan koekies gebruik om
kollektiewe data te versamel. Die GCIS kan hierdie instrumente van
tyd tot tyd gebruik om inligting op sy stelsels op te spoor en om
gebruikerskategorieë te identifiseer op grond van items soos
IP-adres, domein, blaaiertipe en bladsye wat besoek is. Hierdie
inligting word aan die webadministrateur gerapporteer, wat die
inligting ontleed om vas te stel hoeveel gebruikers die onderskeie
terreine van die werf besoek en om te sorg dat hierdie werf as ’n
nuttige en doeltreffende inligtingsbron diens doen.
Nóg koekies, nóg webbakens samel persoonlike inligting, soos die
gebruiker se naam of e-posadres, in. ’n Gebruiker kan ’n koekie
weier, aangesien die meeste blaaiers individuele gebruikers toelaat
om dit te doen. Onder sekere omstandighede kan gebruikers egter
toegang tot sekere dele van hierdie webwerf geweier word indien
hulle blaaiers ingestel is om koekies te weier.
5.3 Gebruik van persoonlike inligting
Persoonlike inligting word slegs vir beperkte doeleindes gebruik,
soos wanneer ’n gebruiker op die webwerf registreer om te vra dat
inligting oor GCIS se belangstellingsvelde voortaan aan hom of haar
gestuur moet word. Die GCIS kan die inligting wat ’n gebruiker
indien, gebruik om ’n persoonlike profiel te skep om sy reaksie op
verdere versoeke of navrae pasklaar te maak en om sy webwerf te
verbeter. Wanneer ’n gebruiker kies om aanlyn te registreer vir ’n
gebeurtenis waarvoor die GCIS die gasheer is, sal die GCIS die
inligting wat die gebruiker indien, gebruik om op die gebruiker se
versoek te reageer. Daarbenewens kan die webadministrateur, waar
nodig, ’n gebruiker se inligting vir verskeie werfverwante take
gebruik. Die GCIS sal toesien dat enige bemarkingsaktiwiteite in
ooreenstemming is met die toepaslike wetgewing, en dat die nodige
prosedures in werking gestel word om te sorg dat toestemming verkry
word voor die gebruiker se e-pos wat inligting oor die GCIS se
dienste bevat, uitgestuur word.
5.4 Openbaarmaking aan derde partye
Hoewel die GCIS gebruikers se inligting mag verskaf aan
diensverskaffers wat inligting namens hom hanteer, sal hy hierdie
inligting gewoonlik nie vir sekondêre of verwante doeleindes aan
derde partye of ander openbare entiteite bekendmaak nie, tensy die
teendeel by die versamelingspunt aan die gebruiker meegedeel
is.
Persoonlike inligting kan internasionaal via die GCIS of na
derdepartye oorgesend word vir die doeleindes wat hierbo vermeld
is. Dit sal nie oordrag insluit na lande sonder
databeskermingsreëls wat soortgelyk aan die reëls in die gebruiker
se land van verblyf is nie. Deur inligting via hierdie webwerf aan
die GCIS te verstrek, stem die gebruiker tot sodanige
inligtingsoordrag toe.
In toepaslike gevalle mag persoonlike inligting geopenbaar word aan
wetstoepassers, regulerings- of ander regeringsagentskappe, of aan
derde partye waar dit nodig of wenslik is ten einde te voldoen aan
regs- of reguleringspligte, of vir die doeleindes wat hierbo
vermeld is.
5.5 Toegang tot persoonlike inligting
Indien persoonlike inligting na hierdie webwerf gestuur is, kan
gebruikers wat hulle persoonlike inligting wil hersien, dit doen
deur by wyse van die skakel “Kontak ons” so ’n hersiening aan te
vra. Gebruikers sal dan toegang tot hulle gebruikersprofiel verkry
om hulle besonderhede te wysig of by te werk, of hulle intekening
te eniger tyd op te skort. Gebruikers wat enige probleem ondervind
om toegang tot hulle profiele te verkry of wat ’n afskrif van hulle
persoonlike inligting wil aanvra, moet deur middel van die skakel
“Kontak ons” met die webadministrateur in verbinding tree. Die GCIS
sal versoeke om toegang tot inligting te verkry of die inligting te
wysig in alle gevalle in ooreenstemming met die toepaslike
wetsvereistes hanteer.
5.6 Geen ooreenkoms nie
Niks wat hierin vervat is, skep ’n kontrak, of probeer ’n kontrak
of ooreenkoms skep, tussen die GCIS en enige gebruiker wat die
webwerf besoek nie.
5.7 Beskerming van kinders se privaatheid
Die GCIS erken die belangrikheid daarvan om kinders se privaatheid
in die interaktiewe aanlynwêreld te beskerm.
6. Skeiding
Hierdie bepalings en voorwaardes vir gebruik stel die hele
professionele of ander verhouding tussen die BCIS en die gebruiker
van hierdie webwerf daar. Versuim van die GCIS om enige reg of
bepaling (voorskrif) van hierdie bepalings en voorwaardes van
gebruik uit te oefen of af te dwing, sal in geen opsig neerkom op
afstanddoening van sodanige regte of bepalings (voorskrifte) nie.
Indien enige bepaling of voorwaarde vir die gebruik van hierdie
webwerf nie ten volle afdwingbaar of geldig is nie, ongeag om
watter rede ook al, sal sodanige bepaling(s) of voorwaarde(s)
skeibaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes. Die
oorblywende bepalings en voorwaardes sal nie deur sodanige
onafdwingbaarheid of ongeldigheid beïnvloed word nie, en sal
afdwingbaar en van toepassing bly.
7. Bywerk van hierdie bepalings en voorwaardes
Die GCIS behou hom die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes
vir gebruik, of gedeeltes daarvan, van tyd tot tyd te wysig, aan te
pas, byvoegings daaraan te maak, of dele daarvan weg te laat.
Veranderings aan hierdie bepalings en voorwaardes vir gebruik word
van krag sodra hierdie veranderings op hierdie webwerf aangebring
word. Dit is die gebruiker se plig om gereeld hierdie bepalings en
voorwaardes vir gebruik op hierdie webwerf na te gaan om te kyk of
veranderings of aanvullings aangebring is. Die gebruiker se
voortgesette gebruik van hierdie webwerf nadat veranderings of
aanvullings aangebring is, sal beskou word as kennisgewing dat die
gebruiker die bepalings en voorwaardes vir gebruik, asook sodanige
veranderings en aanvullings daartoe, aanvaar.
8. Inligting oor webwerf en eienaar
8.1 Die volle naam en regstatus van die webwerfeienaar is:
Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel (GCIS), ’n nasionale
staatsdepartement van die Republiek van Suid-Afrika, soos
verteenwoordig deur die Hoof- Uitvoerende Beampte van die GCIS.
8.2 Die webwerfadres van hierdie webwerf is: http://www.services.gov.za
8.3 Die kontakbesonderhede van webwerfeienaar is:
Posadres:
Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel
Privaatsak X745
PRETORIA
0001
Straatadres:
Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel
Midtown-gebou
H/v Prinsloo- en Vermeulenstraat
PRETORIA
Suid-Afrika
Tel.: +27 12 314 2911
Faks: +27 12 323 3831
E-pos: electronic@gcis.gov.za
|