Beskrywing
’n Leerlinglisensie is ’n voorlopige lisensie wat sertifiseer dat
jy ’n basiese kennis het van hoe om ’n motorvoertuig te bestuur.
Leerlinglisensiekodes word in drie kategorieë ingedeel en elkeen
het ’n bepaalde ouderdomsbeperking.
Kode 1: Motorfiets
-
Motorfiets tot en met 125cc - 16 jaar en ouer.
-
Motorfiets van meer as 125cc - 18 jaar en ouer.
Kode 2: Ligte motorvoertuig
-
Ligte motorvoertuig - 17 jaar en ouer.
Kode 3: Enige ander motorvoertuig of ’n kombinasie-motorvoertuig
- 18 jaar en ouer.
Aansoekers word nie getoets op die dag waarop ’n afspraak verkry is
nie en die wagtyd vir ’n toets verskil van munisipaliteit tot
munisipaliteit.
’n Leerlinglisensie is 18 maande lank geldig, en hierdie tydperk
kan nie verleng word nie.
[Bo]
Stappe om te volg
-
Vul vorm LL1 by jou plaaslike toetssentrum in.
-
Toon ’n aanvaarbare vorm van identifikasie (soos jou
identiteitsdokument (ID), tydelike ID, of Suid-Afrikaanse paspoort)
en lewer kopieë daarvan in soos die Wet op Nasionale Padverkeer,
1996 bepaal.
-
Voorsien twee swart-en-wit ID-foto’s.
-
Lê die verpligte oogtoets by die toetssentrum af.
-
Betaal die voorgeskrewe fooi.
[Bo]
Regsraamwerk
(Dokumente is in
PDF-formaat.
Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is
nodig om PDF-dokumente oop te maak.)
National Road Traffic Act, 1996 (Act 93 of
1996) (Wet of Nasionale
Padverkeer)
[Bo]
Diensstandaard
Die leerlinglisensie word op dieselfe dag uitgereik.
[Bo]
Koste
|
Provinsie
|
Besprekingsfooi
|
Uitreikingsfooi
|
|
Oos-Kaap
|
R180
|
R57
|
|
Vrystaat
|
R75
|
R39
|
|
Gauteng
|
R80
|
R45
|
|
KwaZulu-Natal
|
R130
|
R50
|
|
Limpopo
|
R142
|
R51
|
|
Mpumalanga
|
R120
|
R35
|
|
Noord-Kaap
|
R50
|
R50
|
|
Noord Wes
|
R66
|
R37
|
|
Wes-Kaap
|
R60
|
R30
|
[Bo]
Vorms om in te vul
Aansoek om 'n leerlinglisensie, LL1. Vul 'n
aansoekvorm by by die toetssentrum in.
[Bo]
Kontakbesonderhede
Dienssentrums vir die Nasionale Vervoer-inligtingstelsel (eNatis)
|