SAGS Home
SAGS Home
Ons gee om    Ons behoort    Ons dien
 
Dienste vir die mense Dienste vir organisasies Dienste vir buitelandse burgers
 
   Kies taal
   
Opsies
  1.  Druk hierdie bladsy
  2.  E-pos hierdie bladsy
 > Tuisblad  > Dienste vir die mense  > Vervoer  > Bestuurslisensies  > Bestuurslisensie
    
Aansoek om ’n bestuurslisensie
    

Beskrywing | Stappe om te volg | Regsraamwerk | Diensstandaard | Koste | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Beskrywing

’n Bestuurslisensie verleen ’n persoon die reg om ’n motorvoertuig te bestuur. Dit bevat jou identifikasiebesonderhede as ’n gekwalifiseerde bestuurder. Aansoekers om ’n bestuurslisensie moet 18 jaar oud of ouer wees wanneer die aansoek ingedien word.

[Bo]

Stappe om te volg

  • Kontak jou naaste bestuurslisensie-toetssentrum.
  • Vul vorm DL1 by die bestuurslisensie-toetssentrum in.
  • Bring die volgende saam:
    • leerlinglisensie
    • identiteitsdokument (ID) of paspoort
    • vier swart-en-wit ID-foto’s.
  • Jou vingerafdrukke sal by die toetssentrum geneem word.
  • ’n Oogtoets sal by die toetssentrum op jou uitgevoer word voordat ’n toetsdatum vir jou bespreek word. (Neem kennis van die toetsdatum wat aan jou toegewys is en teken dit aan.)
  • Betaal die voorgeskrewe fooi.

[Bo]

Regsraamwerk

(Dokumente is in PDF-formaat. Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is nodig om PDF-dokumente oop te maak.)

National Road Traffic Act, 1996 (Act 93 of 1996) (Nasionale Padverkeerswet)

[Bo]

Diensstandaard

Die aansoek word op dieselfde dag verwerk en ’n toetsdatum word aan jou toegewys.

[Bo]

Koste 

Provinsie

Besprekingsfooi

Uitreikingsfooi

Oos-Kaap Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R198
R249
R294

R183 vir alle kodes

Vrystaat Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R135
R168
R189

R150 vir alle kodes

Gauteng Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R150
R180
R190

R165 vir alle kodes

KwaZulu-Natal Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R180
R200
R240

R185 vir alle kodes

Limpopo Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R155
R193
R193

R193 vir alle kodes

Mpumalanga Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R125
R145
R175

R137 vir alle kodes

Noord-Kaap Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R150
R170
R200

R120 vir alle kodes

Noordwes Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R136
R170
R175

R150 vir alle kodes

Wes-Kaap Motorfiets
Ligte motorvoertuig
Swaar motorvoertuig
R120
R120
R180

R100 vir alle kodes


[Bo]

Vorms om in te vul

Aansoek om ’n bestuurslisensie, DL1. 'n Aansoekvorm is beskikbaar by die bestuurslisensie-toetssentrum.

[Bo]

Kontakbesonderhede

Dienssentrums vir die Nasionale Vervoer-inligtingstelsel (eNatis)

Hersien op:07 Desember 2009
    
 
Verwante skakels