SAGS Home
SAGS Home
Ons gee om    Ons behoort    Ons dien
 
Dienste vir die mense Dienste vir organisasies Dienste vir buitelandse burgers
 
   Kies taal
   
Opsies
  1.  Druk hierdie bladsy
  2.  E-pos hierdie bladsy
 > Tuisblad  > Dienste vir die mense  > Die werkplek  > Belasting  > indiening eFiling van belastingopgawes en betaling
    


Elektroniese indiening (e-Filing) van belastingopgawes en betalings

    

Beskrywing | Stappe om te volg | Regsraamwerk | Diensstandaard | Koste | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Beskrywing

Elektroniese indiening (e-Filing) is een van die inisiatiewe wat deel vorm van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se SIYAKHA-program. Die hoofdoel van e-Filing is om die elektroniese indiening van belastingopgawes en betalings deur belastingbetalers en belastingpraktisyns te vergemaklik.

Die volgende opgawes is tans beskikbaar:

  • Pay-As-You-Earn (EMP201 return) - (Lopende betaalstelsel)
  • Skills Development Levy (included on the EMP201 return) - (Vaardigheidsontwikkelingsheffing)
  • Unemployment Insurance Fund (included on the EMP201 return) -(Werkloosheidversekeringsfonds)
  • Value Added Tax (VAT201) -(Belasting op toegevoegde waarde)
  • Provisional Tax (IRP6) - (Voorlopige belasting (IRP6)
  • Request for Tax Directive - (Aansoek om ‘n belastingaanwysing)
  • Request for Extensions (Aansoek om uitstel)
  • Secondary Tax (IT56)
  • Additional Payments
  • Request for Tax Clearance Certificate
  • Transfer Duty
  • Stamp Duty
  • Reportable Arrangements
  • Tax Practitioner Registration
  • VAT Vendor Search
  • Personal Income Tax (IT12 S & SS)
  • Advanced Tax Ruling (ATR)

Belastingbetalers kan danksy e-Filing 24 uur per dag belastingopgawes af laai, in vul en indien via ’n stelsel wat betroubare en veilige betalingspoorte bied.

Belastingbetalers, rekenmeestersfirmas en belastingpraktisyns wat hulle eie belastingvorms wil indien of belastingvorms namens hulle kliënte wil indien, kan via die Internet op die stelsel registreer. Geen spesiale sagteware is nodig nie – slegs ‘n webaansluiting en ‘n standaard Windows-bedryfstelsel.

[Bo]

Stappe om te volg

  • Gaan na SAID e-filing.
  • Kies die registrasiesleutel aan die linkerkant en kies dan die soort registrasie wat op jou van toepassing is.
  • Sodra die registrasieproses voltooi is, sal jy ‘n private toegangskode en wagwoord ontvang, wat jou toegang tot die beskikbare dienste sal gee.
  • Die private toegangskode en wagwoord sal eers uitgereik word sodra jou of jou verteenwoordiger se identiteit bevestig is ooreenkomstig die voorgeskrewe bepalings vir elektroniese toegang (electronic signature).
  • Jou toepaslike besonderhede sal met dié op die SAID se meesterdatabasis vergelyk en bevestig word. Daarna jy dan as elektroniese gebruiker van die betrokke produkte geregistreer sal word.
  • Wanneer opgawes uitgereik word, sal die SAID die elektroniese opgawes aan die e-Filing-fasiliteit lewer. Jy kan die opgawe dan invul en dit elektronies indien. Die SAID sal voortaan geen hardekopievorms aan e-Filing-gebruikers voorsien nie.
  • Die e-Filing-diens sal jou per SMS of e-pos herinner aan die opgawe wat gereed is om ingevul of ingedien te word.
  • Jy moet jou private toegangskode en wagwoord gebruik om toegang tot die opgawe te verkry.
  • Die Web-toepassingsprogram sal die opgawe-inligting outomaties op die skerm vertoon soos op die gewone, gedrukte vorm. Jy kan die opgawe dan op die webwerf voltooi.
  • Sodra jy die opgawe ingevul het, word die inligting wat ingevul is deeglik gekontroleer en gevalideer. Die stelsel doen al die berekenings om enige moontlike oordrag van foutiewe inligting uit te skakel.
  • Jy kan ‘n betaling maak wanneer jy die opgawe indien, en jy kan ‘n betaling enige tyd voor die betaaldatum maak.

Hierdie proses mag ingewikkeld klink, maar in die praktyk is dit eenvoudig en vinnig. Hulp is net ‘n telefoonoproep ver: ‘n goed bemande inbelsentrum en bystandskantoor sal jou met die prosedure help.

[Bo]

Regsraamwerk

 

Income Tax Act, 1962 (Act 58 of 1962) (Inkomstebelastingwet, 1962 (Wet 58 van 1962)

[Bo]

Diensstandaard

Daar is geen tydsbepaling vir die diens nie.

[Bo]

Koste

Die diens is gratis.

[Bo]

Vorms om in te vul

Dien jou opgawes en betalings aanlyn in.

[Bo]

Kontakbesonderhede

[Bo]

Hersien op:onbeskikbaar
    
 
 
Verwante skakels