SAGS Home
SAGS Home
Ons gee om    Ons behoort    Ons dien
 
Dienste vir die mense Dienste vir organisasies Dienste vir buitelandse burgers
 
   Kies taal
   
Opsies
  1.  Druk hierdie bladsy
  2.  E-pos hierdie bladsy
 > Tuisblad  > Dienste vir die mense  > Verhoudings  > Die huwelik  > Huweliksertifikaat
    
Aansoek om ’n huweliksertifikaat (burgerlike huwelik)
    

Beskrywing | Stappe om te volg | Regsraamwerk | Diensstandaard | Koste | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Beskrywing

’n Huweliksertifikaat dien as bewys dat jy getroud is. ’n Huwelik moet voltrek word in die teenwoordigheid van die twee mense wat trou, twee getuies wat hulle identiteitsdokumente by hulle het, en ’n huweliksbeampte.

Gaan jou huwelikstatus aanlyn na.

[Bo]

Stappe om te volg

  • Die twee mense wat gaan trou, moet identiteitsdokumente hê en vorm BI-31, Verklaring met die oog op ’n huwelik (Declaration for the purpose of marriage), invul.
  • Vul aansoekvorm BI-130 by enige kantoor vir Binnelandse Sake in. As jy in die buiteland woon, gaan na enige Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
  • ’n Huwelik kan deur ’n gekose huweliksbeampte wat tot ’n spesifieke godsdienstige groep of organisasie behoort, of deur ’n verteenwoordiger van die Departement van Binnelandse Sake geformaliseer word.
  • ’n Huwelik moet in ’n kerk, ’n gebou wat slegs vir godsdiensbeoefening gebruik word, ’n openbare kantoor of privaat woning voltrek word. As een lid van die paartjie kort voor die troue ernstig siek of beseer word, mag daardie huwelik in ’n hospitaal voltrek word.
  • Buitelanders wat in Suid-Afrika gaan trou, moet geldige paspoorte hê en aansoekvorm BI-31 invul.
  • Die twee mense wat trou, die twee getuies, en die huweliksbeampte moet die huweliksregister onderteken sodra die huwelik geformaliseer is.

Huwelik met ’n minderjarige (onmondige) persoon:

’n Minderjarige is iemand wat jonger as 21 jaar is en nog nie vantevore getroud was nie. Die wet bepaal dat iemand wat voorheen getroud was en wie se huwelik deur die dood of egskeiding beëindig is, nie meer minderjarig is nie.

’n Minderjarige wat gaan trou, moet soos volg te werk gaan:

  • Jy moet skriftelike toestemming van albei ouers en/of wettige voogde indien, saam met ’n ingevulde aansoekvorm BI-32. Jy kan by die Kommissaris van Kindersorg om toestemming aansoek doen as jy nie weet waar om jou ouers op te spoor of hoe om die huwelik goedgekeur te kry nie.
  • Jy kan by die Hooggeregshof in die omgewing waar jy bly om goedkeuring aansoek doen as jou ouers en/of die Kommissaris weier om die huwelik goed te keur.

Geskeide persone wat wil trou, moet soos volg te werk gaan jy moet ’n egskeidingsbevel indien. As daar ’n geldige rede is waarom jy nie ’n skeibevel kan toon nie, of as jy in die buiteland geskei is en die egskeidingsbevel nie kan verkry nie, moet jy ’n beëdigde verklaring aflê. Die beëdigde verklaring moet bevestig dat die aansoeker wettig geskei is en dit moet die naam van die hof en die skeidatum vermeld.

Wewenaars en weduwees wat weer wil trou, moet soos volg te werk gaan toon die oorlede eggenoot se doodsertifikaat. Dien ’n beëdigde verklaring in as die sertifikaat nie beskikbaar is nie. Die verklaring moet die naam van die oorledene en sy of haar sterfdatum bevestig.

[Bo]

Regsraamwerk

(Dokumente is in PDF-formaat. Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is nodig om PDF-dokumente oop te maak.)

[Bo]

Diensstandaard

  • Verkorte huweliksertifikaat: Dit word onmiddelik uitgereik.
  • Onverkorte sertifikaat: Dit neem ses to agt weke om die aansoek te verwerk.

[Bo]

Koste

  • Verkorte huweliksertifikaat: R15
  • Onverkorte huweliksertifikaat: R70

[Bo]

Vorms om in te vul

(Dokumente is in PDF-formaat. Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is nodig om PDF-dokumente oop te maak.)

[Bo]

Kontakbesonderhede

[Bo]

Hersien op:28 Augustus 2009
    
 
Verwante skakels