Beskrywing
Die Direktoraat Nasionale Leerdersrekordsdatabasis (NLD) van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) is verantwoordelik die elektroniese bestuur van die inligting binne die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), wat insluit die versamel van inligting oor leerderprestasies en die stoor daarvan op die databasis.
Leerders kan hul eie kwalifikasies op die databasis kontroleer, terwyl werkgewers ook die prestasies van potensiële werknemers kan ondersoek. Wanneer leerders hul eie inligting kontroleer, ontvang hulle ‘n volledige rekord van die inligting wat die NLD oor hulle besit. Wanneer ander partye leerderinligting kontroleer, moet hulle ’n presiese navraag rig (watter kwalifikasie, instelling en datum). Die SAKO se reaksie is “gevind” of “nie gevind nie”, met betrekking tot slegs daardie inligting.
Inligting tans beskikbaar:
- Volledige universiteitskwalifikasies van 1986 tot 2002, gedeeltelike inligting van 1965 tot 1985 en ’n klein hoeveelheid inligting van 1900 tot 1964.
- Technikonkwalifikasies van 1999 tot 2002.
- Senior Sertifikaat van 1992 tot 2003.
- Kwalifikasies wat deur die Opvoeding en Opleidingskwaliteitversekeringsliggame van die Sektoropvoeding en -opleidingsgesag (SOO) ingedien is.