SAGS Home
SAGS Home
Ons gee om    Ons behoort    Ons dien
 
Dienste vir die mense Dienste vir organisasies Dienste vir buitelandse burgers
 
   Kies taal
   
Opsies
  1.  Druk hierdie bladsy
  2.  E-pos hierdie bladsy
 > Tuisblad  > Dienste vir die mense  > Onderwys en opleiding  > Skool  > Toelating tot graad R
Skryf jou kind by ’n staatskool of privaat skool in 

Meer daaroor om jou kind by ’n staatskool of privaat skool in te skryf

Jy moet jou kind tussen 1 Augustus en 31 Oktober van die voorafgaande jaar by ’n skool inskryf. ’n Graad R-aansoeker moet vier jaar oud wees en vyf wees teen 30 Junie die volgende jaar, en ’n aansoeker vir Graad 1 moet vyf jaar oud wees en teen 30 Junie die volgende jaar ses of ouer wees.

Dit is jou keuse of jy jou kind by ’n privaat of staatskool wil inskryf. Staatskole word deur die staat beheer en privaat skole word privaat bestuur. Beide privaat en staatskole moet erken word deur en geregistreer wees by die Departement van Basiese Onderwys.

Jy kan by die departement uitvind of die skool waar jy jou kind wil inskryf, geregistreer is alvorens jy enige registrasie doen of betaling maak.
Let wel: Geen skool mag jou kind onregverdig behandel nie, en geen staatskool mag van jou kind verwag om ’n toelatingseksamen te skryf of jou kind belet om skool toe te gaan omdat jy nie die skoolgeld betaal het of kan betaal nie. 

[Bo]

Wat om te doen

  • Doen in die jaar voor die tyd (tussen 1 Augustus en 31 Oktober) aansoek by ’n skool naby jou.
  • Dien jou kind se geboortesertifikaat of immuniseringskaart en bewys van woonadres in.
  • Indien jy jou kind van een skool na ’n ander skuif, dien die jongste skoolrapport, bewys van woonadres en oordragkaart in. Indien jou kind nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, sluit die volgende dokumente in: 
[Bo]

Tydsduur

Dit neem tussen een dag en ses weke om ’n kind by ’n skool te registreer.

[Bo]

Hoeveel kos dit

Skoolgeld wissel van skool tot skool.

[Bo]

Vorms om in te vul

Aansoekvorms is beskikbaar by die skole.

[Bo]

[Bo]

Hersien op:17 Desember 2009
    
 
Verwante skakels