Diensstandaard
Die uitreikingsproses neem twee maande. ‘n Identiteitsdokument sal slegs na ‘n aansoeker se posadres gestuur word as die aansoeker dit versoek en indien die posadres geldig is. In geval van heruitreikings kan ‘n ID uitgereik word aan persone wie se identiteitsdokumente verlore, gesteel of beskadig is.
Indien die aansoeker ‘n tydelike identifikasiesertifikaat (TIC) versoek, kan die kantoor van Binnelandse Sake onmiddellik ‘n TIC uitreik as die aansoeker se duimafdrukke bevestig is. Die TIC is geldig vir ‘n tydperk van drie maande en kan as ‘n vorm van identiteit gebruik word terwyl die aansoek om ‘n ware ID verwerk word.
Onthou: Om inligting oor die vordering van jou ID-aansoek te ontvang, SMS die woord ‘ID’ gevolg deur jou ID-nommer (ID 1212127891082) na 32551.