SAGS Home
SAGS Home
Ons gee om    Ons behoort    Ons dien
 
Dienste vir die mense Dienste vir organisasies Dienste vir buitelandse burgers
 
   Kies taal
   
Opsies
  1.  Druk hierdie bladsy
  2.  E-pos hierdie bladsy
 > Tuisblad  > Dienste vir die mense  > Geboorte  > Geboorte-dokumente  > Registreer geboorte
    

Registrasie van geboorte

    

Beskrywing | Stappe om te volg | Regsraamwerk | Diensstandaard | Koste | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Beskrywing

Die Wysigingswet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1997 bepaal dat ’n kind wat lewend gebore is se geboorte binne 30 dae aangemeld moet word.

Een van die ouers of die wettige voog moet die geboorte aanmeld, en as nie een van hulle dit kan doen nie, kan ’n persoon wat deur hulle aangewys is die geboorte aanmeld.

[Bo]

Stappe om te volg

  • Dien ’n vorm vir die aanmelding van ’n geboorte (BI-24) by enige kantoor vir Binnelandse Sake in.
  • ’n Persoon wat gevra is om die geboorte namens die ouers of voog aan te meld, moet ’n geskrewe mandaat hê om dit te doen. Hierdie mandaat moet ook die redes verstrek waarom die ouers nie self die geboorte kan aanmeld nie.
  • As ’n kind buite Suid-Afrika gebore is en een van die ouers ten tyde van die kind se geboorte ’n Suid-Afrikaanse burger is, kan die geboorte by die Suid-Afrikaanse ambassade, konsulaat of by enige kantoor vir Binnelandse Sake in Suid-Afrika aangemeld word.
  • Indien ’n geboorte meer as 30 dae na die geboorte aangemeld word, maar binne ’n jaar na die geboorte, moet die ouers of wettige voog redes gee waarom die geboorte nie binne 30 dae aangemeld is soos die Wet vereis nie.
  • As die ouers nie getroud is nie en hulle die kind op die pa se van wil registreer, moet die pa vaderskap erken in die ruimte wat op die vorm vir die aanmelding van ’n geboorte daarvoor gelaat is. Die pa moet teenwoordig wees wanneer die kind geregistreer word.

[Bo]

Regsraamwerk

(Dokumente is in PDF-formaat. Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is nodig om PDF-dokumente oop te maak.)

Births and Deaths Registration Amendment Act, 1997 (Act 67 of 1997) (Wysigingswet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes)

[Bo]

Diensstandaard

Dit neem agt tot twalf weke om die aansoek te verwerk.

[Bo]

Koste

Hierdie diens is gratis.

[Bo]

Vorms om in te vul

(Vorms is in PDF-formaat. Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is nodig om PDF-dokumente oop te maak.)

* Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.

[Bo]

Kontakbesonderhede

[Bo]

Hersien op:15 Januarie 2010
    
 
Verwante skakels